Ons is 'n besonderse kleuterskool wat nuwe filosofieë in vroeë kinderontwikkeling en nagevorste opvoedkundige sisteme implimenteer. Ons bou op jare se ondervinding en passie vir kinderharte en kinderontwikkeling om ‘n skoolomgewing te skep waar kinders kan speel en emosioneel ontwikkel sodat hulle in staat is om hulle akademiese potensiaal in die klaskameromgewing te kan bereik. Gelukkige hartjies sorg vir groeiende verstandjies.
Verkennertjies is ‘n unieke babasentrum en kleuterskool waar ons klaskamers nie perke het nie. Leer vind plaas want kleuters verken die omgewing binne en buite die klaskamer saam met juffrou. Ons leer is insluitend en gegrond in ‘n omvattende kurrikulum wat kinders laat dink en wonder oor die wêreld om hulle wanneer hulle konsepte self verken.